Buenos Aires

Buenos Aires

Buenos Aires (Spaans amptelik: Ciudad Autónoma de Buenos Aires) is die hoofstad en die ekonomiese, kulturele en nywerheidsentrum van Argentinië en die grootste Spaanssprekende stad ter wêreld, met 'n bevolking van 2,89 miljoen in die Distrito Federal (203 km²) en 12,8 miljoen in die metropolitaanse gebied (Gran Buenos Aires) met 'n oppervlakte van 2 915 km². Die stad is aan die mond van een van die grootste riviere ter wêreld, die Río de la Plata (Silwerrivier), geleë. Aangesien Gran Buenos Aires sowat 'n derde van die Argentynse bevolking en ook die meeste belangrike instellings en hoofkwartiere van ondernemings huisves, oorheers sy ekonomie die res van die land.